Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Whiteysometings lyrics

Ek sien jou weer na dertien jaar
'n oproep verras my oor jy verjaar
"Ek hoor jy’s in Jo’burg, kom maak ‘n draai
Ons kan praat oor die ou dae
Ons kan bier drink en braai"

En ek ry op die snelweg en dink aan die dae
Van sandale en jeans en causes vergaar
Ons was jonk ons was sterk
Ons het apartheid verwerp
En gevloek en geskree teen staat en teen kerk

So, sê my vriend hoe gaan dit nou daar
In jou suburban tronk, van kapitalisme
Tref die rentekoers jou ook as die mark so tuimel
Maak die waarde van die Rand dat jou maagsweer ook brand
Sê my tjom, hoe voel dit nou
Op die folterbank, van kapitalisme
‘n Tweede verband hou die lig aan die brand
‘n Overdraft trek aan jou broek se pant x 2

‘n Rooi oog hou ons dop as ons praat oor die stryd
Hoe die staat ons bedrieg het, hoe ons PW verwyt
Jou nuwe alarm, jou elektriese heining
Jou armed response hou ons kuiertjie veilig
Die nuwe apartheid van suburban bliss
Hou die diewe uit soos ons sake beslis
Liesl maak in London ‘n nuwe begin
Ek hoor Pierre is in Perth met sy hele gesin

So, sê my vriend hoe gaan dit nou daar
In die suburban tronk, van kapitalisme
Tref die rentekoers jou ook as die mark so tuimel
Maak die waarde van die Rand dat jou maagsweer ook
brand
Sê my tjom, hoe voel dit nou
Daai dissipline van kapitalisme
‘n Tweede verband hou die lig aan die brand
‘n Overdraft trek aan jou broek se pant
Jou verlede trek aan jou broek se pant
Jou gewete trek na die ander kant

Submitted by Guest