Cas 'Plankies – Struisbaai lyrics

In Bredasdorp is geen mens op straat
Dor en wit verby Waenhuiskrans se afdraai
Dan is jy in Struisbaai

Twee dae stok alleen soos skilpad in die dorre pad
Dronk gedrink aan die Jenga special by Nostra

Stadskind se sprokie verhaal
Kampvuur in caravans se park
Duwwels wat jou voete brand

Ek’s alleen in my hart
maar my vriende troos die smart
Dis snot lekker hier in die Kaap

Celia teken ocean view
op die acrylic van die pad
Hel dis mooi
sy’s ‘n Koning in wat sy doen

Johan se hy smaak it in die baai
Oom Jan by Nostra laaik my stem
As ek sing van hoe beautiful Beaufort Wes is

Wie weet waar jy rus
as jy wakker word op die skip
met radio sonder mense

Is daar dalk ‘n vrou vir my
wat weet hoe om my te kry
Te hou en by my te bly

Ons verbreek geen verbond
met die sout smaak in ons mond
solank ons nie beloftes maak

Ek’s alleen in my hart
maar my vriende troos die smart
Dis snot lekker hier in die Kaap

Stadskind se sprokie verhaal
Kampvuur in caravans se park
Duwwels wat jou voete brand

Ek’s alleen in my hart
maar my vriende troos die smart
Dis snot lekker hier in die Kaap

Submitted by Guest