Bokant die stasie daar woon Krisjan Swart
Tussen die spoorweg en die nasionale pad
Op die muur van sy stoep hang die horings van ‘n bok
In sy agterplaas groei ‘n perskeboom langs ‘n groot ou duiwehok
Op daai duiwe is hy trots, hulle maak sy hart so bly
Die silwer bekers op die pelmet staan so in ‘n ry
Hy is Krisjan Swart en hy’s wyd en suid bekend
vir sy duiwe wat so vinnig vlieg en pryse vir hom wen
Krisjan se vrou is lekker rond en vet
In haar hare dra sy curlers, in haar mond ‘n sigaret
Pantoffels aan haar voete, kook sy moskonfyt
Met haar een oog op die tuinjong
Wat die agterplaas nat spuit
Op daai vrou is hy so trots, sy maak sy hart so bly
Al is sy nie jonk nie, kan sy nog lekker vry
Ja, sy is Wilmina Swart, hulle ken haar wyd en suid
vir haar melktert en mosbolletjies, haar beroemde boerbeskuit
Krisjan se dogter is met die prokureur getroud
en hy het vir haar ‘n groot wit huis in Riebeeckpark gebou
Die kaggel in die sitkamer is mooi met klip versier
en ‘n skildery van Tafelberg hang ook daar teen die muur
Op daai dogter is hy trots, sy maak sy hart so bly
Al is sy nie mooi nie, het sy haar man gekry
Sy is Johanna Swart, die vrou van die prokureur
Haar lippies en haar vingernaels is dieselfde bloedrooi kleur
Krisjan se seun is lekker fris gebou
maar sy stem is ‘n bietjie hoog en sy broek is ‘n bietjie nou
Sy hare dra hy lank en hy speel ook die kitaar
Krisjan vra sy vrou: Warr kom daai seun van ‘aar?”
Op daai seun is hy nie trots nie, hy maak sy hart so seer
”Kan ek dan sy pa wees?”, wil Kirsjan redeneer
Ja Hy is Krisjan Swart, en hy't ook sy pa se naam
maar sy hare en sy kitaar speel die maak sy pa so skaam
Bokant die stasie daar woon die Swart gesin
Krisjan drink net brannewyn, Wilmina drink net gin
En hulle sit daar op die stoep in die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vleig die duiwe sirkels teen die blou