Francois Hayes – Osbraai Op Kromdraai lyrics

Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas sit op die stoep
Ver in die verte, die jakkals wat roep

Die mense dié kuier, die kinders drink coke
Tant Lenie is besig, om koffie te skink
Die son trek al water, die skemer is hier
Almal tevrede om braaivleis te vier
Want ons hou

Osbraai op Kromdraai
Almal is daar
Van heinde en verre
Kom almal saam
Die oupas en oumas
Sit op die stoep
Ver in die verte
Die jakkals wat roep

Hansie van Gansbaai speel die kitaar
Die arme ou dansvloer, dié kry maar te swaar
Nooientjies staan eenkant, almal te fraai
En kêrels se oë met liefde verraai

Want ons hou

Osbraai op Kromdraai
Almal is daar
Van heinde en verre
Kom almal saam
Die oupas en oumas
Sit op die stoep
Ver in die verte
Die jakkals wat roep

Submitted by Guest