Herbie En Spence – Die Wilgeboom lyrics

Daar op potchefstroom
staan ‘n mooi ou wilgerboom
met 2 name in sy stam daaruit gesny
daar het ons ontmoet
die ontmoeting was so soet
ja daar hetons mekaar nie eens geken

die wilger het gegroei
en ons liefde het gebloei
hoe dikwels het ons daar gesit en droom
name uitgesny
en ons harte was so bly
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my vroutjie(outjie) na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my vroutjie na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

Submitted by Guest