Karin Hougaard – Bij Mij lyrics

Album: Hartstukke

By My
Ndl teks: Anne van Veen / Afr vertaling Karin Hougaard Musiek: Karin Hougaard / Anne van Veen

Neem my jas, die lug is grys
wees tog nie so eiewys.
Daar kom ‘n groot stortbui aan
en jy word papsopnat.
Jy kan tog nêrens-erens skuil nie,
en daar is g’n warm bad.

Kom tog binne,
voete afvee dit hoef jy nie,
sit wel die deur op slot
ek wil jou hier by my hê.
trek alles uit
gooi alles af
ek vind jou naak aller mooi
jou blootheid maak my bly.

Spring op my
dans met my en
vry met my!
Ek wil jou krummels
en jou jas
en jou koffer
en jou hare op my kussing.
Ek wil jou
ek wil jou hier by my!

Jou voorhoof is nou spieëlglad
waar eers ‘n groot rimpel was.
Die frons verskyn by elke een
wat probleme vir hulself versin.
Kom ek vat al jou fronse weg
kom na my hier in my bed?

Ek sit nou hier en sien jou gaan.
Jy hoort ver heel ver hiervandaan,
tog is jy soos ‘n tuiste vir my.
Jou nuwe skoene hoort tog hier
jy kleur so goed by my.

Submitted by Guest