Mel Botes – Brief Aan (Of Antwoord Daarop) lyrics

Maak nie saak hoeveel jy kon sien
of hoevel jy bedrieg het
of hoeveel hande jou wou borsvoed met
liplek tepels en vanilla
Maak nie saak hoeveel oë jou kon sien
of hoeveel skille jy verdien
in die fluister van die reën
dans die vlamme om jou heen

Maak nie saak wie van jou vergeet
of jou sweerkolle af wou was
in ‘n vonkprop paradys
het jou oliebloed verys

Jy verswelg my in hardvog oë
op ‘n koel somersaand
en baby bewe stukkend op die rotse
teen die slingers van die skuim

Als terwyl daar doudruppels in afdrup gil
teen ‘n snydend spykerskoen se trap
want onder ‘n amoniak setperk is daar molle
wat mekaar skarrelend vertrap

En dalk keer ek weer terug
gebalsem en verjeug
om my houdhok hulle skaar
ek leênd na my voete staar

Submitted by Guest