Pieter Van Der Lugt – Voelvry lyrics

Dis in die kyk, dis in die wink
Wanneer die vol en die rond in die romp rinkink
Dis in die koel en in die kweel
Dis in die raak en die streel
En dis goed bedeel
Dis in die bengelende voet met die enkel ring
Dis die stem wat die lyf van haar held besing

Chorus:
Voëlvry, Voëlvry, sy wat die kat in die donker knyp
Voëlvry, Voëlvry, sal sy dit waag om die wolf te gryp
Helder oor dag in Sprokiesland steek hierdie rooi-oog die wêreld aan die brand
Voëlvry, Voëlvry

Dit is so ryp, dit is so reg
Dit steek die vuur en die drif vir konvensies weg
Maar dit is daar en dis bereid
Dit is gereed vir ‘n staat van losbandigheid
Hier in die tuin is sy vrou-alleen
Maar hier word haar lyf deur die wolf geseën

Chorus:
Voëlvry, Voëlvry, sy wat die kat in die donker knyp
Voëlvry, Voëlvry, sal sy dit waag om die wolf te gryp
Helder oor dag in Sprokiesland steek hierdie rooi-oog die wêreld aan die brand
Voëlvry, Voëlvry

Dis in die kyk, dis in die wink
Wanneer die vol en die rond in die romp rinkink
Dis in die koel en in die kweel
Dis in die raak en die streel
En dis goed bedeel
Dis in die bengelende voet met die enkel ring
Dis die stem wat die lyf van haar held besing

Chorus:
Voëlvry, Voëlvry, sy wat die kat in die donker knyp
Voëlvry, Voëlvry, sal sy dit waag om die wolf te gryp
Helder oor dag in Sprokiesland steek hierdie rooi-oog die wêreld aan die brand
Voëlvry, Voëlvry
Voëlvry, Voëlvry

Submitted by Guest