Anneli Van Rooyen – Bly By My lyrics

jy wat kaalvoet grootgeword het
in ‘n vreemde plek weg van my
jy wat seerlyf weggeloop het
na ‘n wêreld naby my

ek vra jou
bly by my
en neem my hart vir jou
ja ek vra
bly by my
sodat ek jou heel kan maak

jy wat binnein gekneus is
en die seer wat jy saamdra in jou oë
jy wat stukkend en gebreek is
met hande uitgedroog en seer

ek vra jou
bly by my
en neem my hart vir jou
ja ek vra
bly by my
sodat ek jou heel kan maak

jy wat in ysig koue winter
onder ‘n strooikaros moes slaap
jy wat toe seerlyf weggeloop het
na nêrens maar tog na my

ek vra jou
bly by my
en neem my hart vir jou
ja ek vra
bly by my
sodat ek jou heel kan maak

ek vra jou
bly by my
en neem my hart vir jou
ja ek vra
bly by my
sodat ek jou heel kan maak …

Submitted by Guest