Anneli Van Rooyen – Ek Glo lyrics

Sien hoe lig in ons kan skyn
Kyk, al is ons menslik-klein
Hier kan ons aan drome raak,
van mens-wees nóg iets maak

Ek weet ons is vir wen bedoel
ook as lewe donker voel
Deur die oë van 'n kind
kan ons nog wonders vind -
ons aan die hemel bind

Refrein:
Ek glo in die lewe, gooi my hart na Bo
reik uit na jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe, stuur my hart vooruit
reik net na jou liefde en ewigheid

Ek gee die beste wat ek kan
Ken my gees wat op sal staan
Selfs wanneer ek val en gly
is daar nog altyd jy -
jou hand wat veilig lei

Ek glo in die lewe, gooi my hart na Bo
reik uit na jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe, stuur my hart vooruit
reik net na jou liefde en ewigheid....
Ek glo in die lewe, gooi my hart na Bo
reik uit na jou liefde en hou aan glo
Ek glo in die lewe, stuur my hart vooruit
reik na jou en ewigheid
reik na jou en ewigheid!

Submitted by Guest