Karla Du Plessis – As Jy My Kon Volg lyrics

as jy my kon volg
op die vleuels van die wind
na werelde oorkant die maan
sou jy my spoor in die melkweg vind
my tent tussen die sterre sien staan
want ek is nog jonk
en die wereld is oud-
sy skadu val ver deur die ruim
neem nou my hand
want die nag word koud
en waarom sal ons versuim?

as jy my kon liefhe
tot alles vergaan
en nooit, ooit
die skeiding sou vrees
sou ons die lewe
kon leer verstaan
'n oomblik gelukkig kon wees
maar ons is nog jonk
en die wereld is oud
en voor ons het almal gefaal
neem nou my hand
want die nag is koud...
dis dalk die heel laaste maal

Submitted by Guest