Karla Du Plessis – Splinterruit lyrics

my oë is 'n splinterruit
wat bly weerkaats, al kyk ek uit
en ewebeelde dwaal verby
maar dra onwetend iets van my
maar ek kan sing as ander vlug
voor werwelwind en bliksemlig
want deur die krake in die nag
sien ek 'n helder, nuwe dag

die oe is 'n splinterruit
dus moet jy leer om skerp te kyk
wie meen jy's blind doen onbewus
dit wat presies wys wat hy is
maar ek kan sien as sieners tas
na iets wat is en altyd was
want hoor die reën en wind praat saam
en in die kranse dreun 'n naam

my oë is 'n splinterrruit
wat bly weerkaats, al kyk ek uit
en skewe beelde hink verby
Maar word onwetend deel van my
maar ek sal klim en hoër beur
Selfs doringtakke gryp en skeur
want op die berg se ruwwe rug
is Môre ver, maar steeds in sig

Submitted by Guest