Koos Kombuis – Johnny Is Nie Dood Nie lyrics

onderkant die wind by die spoor, by die spoor
hang jou reuk in die lug wat na trane ruik
onderkant die wind by die spoor, by die spoor
onder hierdie maan le my vriend se lyk
met 'n storie op die voorblad,
met 'n kiekie van 'n kar, net 'n byline
maar by nr22 is dit stil
by nr22 was die laaste pil in die pipeline, in die pipeline

Chorus:
Johnny was 'n cowboy, Johnny was 'n rushkop
Johnny, Johnny, Johnny maak 'n groot geraas
Johnny was 'n genius, Johnny was 'n fokkop
Johnny, Johnny stadig nou, Johnny,Johnny kap dit flou
Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy's net uitgepass

Onthou jy nog die aande daar in Birdstraat, Birdstraat
Onthou jy nog die maande van fokkol doen en kak praat
Onthou jy liewe jesus met sy vuil blou jeans
tussen asbakke en bottels, al daai weird, weird scenes

weet jy dalk die rede hoekom is dit alles oor
weet jy dalk die rede hoekom ons jou moes verloor
is daar hoop vir ons wat oorbly, is daar troos vir al die junkies
kan ons doen wat ons wil
is daar 'n lig daarvoor, of is die party oor,
is daar tik in die hemel

chorus

Submitted by Guest