Anke Pietrangeli – Ek Sal Altyd By Jou Bly lyrics

Ek tel die ure tussen ons
Op my houtvloer
As die son so deur die voorhuis loop
En hy wil wil oor die tafel loer
Wonder ek waar jy nou trek
Die son is amper by die kombuiskas merk
As alles was soos dit moet wees,
Was jy nou by die huis gewees

Chorus
Ek wens jy was hier by my
By die verste dorp verby
In die môre mis ek jou,
Saans soek ek jou hier by my
En as jy dan ooit sou wonder
Hoe ek oor jou voel
Kom soek my in die wynland
As jou hart brand
Ek sal altyd by jou bly

Ek tel die weke tussen ons
In die natuur
Herfs loop deur die bome verf die blare met sy vuur
Ek weet winters kom en gaan
Ek verwag jou terug met die sekel maan
Soos wyn wat wag vir die regte dag
Sal ek vir jou wag

Ek wens jy was hier by my
By die verste dorp verby
In die môre mis ek jou,
saans soek ek jou hier by my
En as jy dan ooit sou wonder
hoe ek oor jou voel
Kom soek my in die wynland
as jou hart brand
Ek sal altyd by jou bly

Ek weet winters kom en gaan
Ek verwag jou terug met die sekel maan
Soos wyn wat wag vir die regte dag
Sal ek vir jou wag

Ek wens jy was hier by my
By die verste dorp verby
In die môre mis ek jou,
saans soek ek jou hier by my
En as jy dan ooit sou wonder
hoe ek oor jou voel
Kom soek my in die wynland
as jou hart brand
Ek sal altyd by jou bly

Ja ek sal altyd by jou bly

Submitted by Guest