Anke Pietrangeli – Mis Jy My Nog 'n Bietjie lyrics

My hart was swaar my kop was deurmekaar
Toe ek my bus verpas
Daar's al 'n jaar verby, en toe ek my kon kry
Loop ek reg in jou vas
En toe jy vra is ek okay
Het ek verleë gelag
Maar toe jou blou oë my verdwaas
Het my kop begin raas, en my knieë begin lam word

Chorus
Bokka Baby - mis jy my nog 'n bietjie
Sien jou maybe, in 'n droom of 'n liedtjie
Dan draai ons tiekie in die Kaapse baai
Sakkie sakkie in die wind se waai
Hey Bokka - mis jy my nog 'n bietjie

Wil net hol wil net huil wil net hardloop
Praat al met die hond en die kat,
En met die kokkewiet
Maar dis als verniet
My kop voel soos 'n wilde windverwaaide wolmatras
Miskien kan ek nog eenkeer vra soos laas
Om my kop te laat raas, en my kniee te laat lam word

Bokka Baby - mis jy my nog 'n bietjie
Sien jou maybe, in 'n droom of 'n liedtjie
Dan draai ons tiekie in die Kaapse baai
Sakkie sakkie in die wind se waai
Hey Bokka - mis jy my nog 'n bietjie

Ek hoop ons paaie kruis weer op 'n reëndag Blou-oog van my drome, êrens, eendag

Bokka Baby - mis jy my nog 'n bietjie
Sien jou maybe, in 'n droom of 'n liedtjie
Dan draai ons tiekie in die Kaapse baai
Sakkie sakkie in die wind se waai
Hey Bokka - mis jy my nog 'n bietjie

Ek's amper oor jou maar ek mis jou, sometimes

Nog 'n bietjie

Submitted by Guest