Battery 9 – Blaas Hom lyrics

Ek was gou weg om 'n bier te gaan haal
Toe steel die bliksems my rot en kaal
Dit was die derde keer dat hulle my besteel
Alles wat ek het word herverdeel
Net daar en dan toe strip ek my moer
Wil alles breek
'N bebliksemde boer
Ek moes maar net 'n handkanon koop
Wat warm slaap in my kussingsloop

Ek blaas hom

Ek blaas hom weer

Ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer

Ek skrik wakker in die middel van die nag

Waar ek soos aas in die bed lê en wag
Geluide in die huis van goed wat breek
My kanon wat gulsig om aksie smeek
Iemand, dalk twee
Kom nader in die gang
As ek vinnig beweeg kan ek hom nog vang
Ek sien sien hom voel na die ligskakelaar
En spreek hom aan "vaarwel ou swaer"
Toe die lig aanklik het hy klaar geweet

Ek rig die rewolwer op sy vieslike gevreet
Hy spring met 'n boog in die lug in
'N demoniese vrees vaar in sy gesig in

Ek blaas hom

Ek blaas hom weer

Ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer

Ek is half doof
My ore sing
Nou't ek myself in groot kak gebring
Dit het ek nou van my vinnige humeur
Buite in die straat klik 'n kar se deur
Ek laai my kanon
Ses koue patrone
En sluip deur die tuin soos 'n kat op my tone

Ek een parasiete nul
Ek's klaar in die kak, kan nou maar chill
Ek vang die moer waar hy klim oor die hek
Die hare rys met 'n gril in my nek
Ek lig my arm
Rustig korrel
Ek rig my kanon op die dief se gorrel

Ek blaas hom

Ek blaas hom weer

Ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer

'N van verskyn met 'n lig op sy dak
"Gooi neer die geweer
Jy's in groot kak"
Dit noem ek nou stank vir dank
In die tronk agter tralies
Lewenslank

Submitted by Guest