Gian Groen – Binneland In lyrics

by 'n kunstefees met 'n lekker gees het ek jou ontmoet my bokkie
na 'n nag of wat het ek jou saam gevat in my ligblou GP trokkie

Koor:
ons gaan die binneland in, die binneland in
die binneland in my baby
die binneland in die binneland in
die binneland in my ding

jy't beginne kla oor jou ma en pa en die Kaap se blou blou berge
op hierdie plaas is ek die baas en trane gaan dit net verereger

Koor

jy't toe aanhou skree oor Die Strand se see en die Suidkus kabbeljou
dan klim ek op my trekker, jou bek is soos 'n rekker, ek's gatvol vir die vrou

Koor

hoe gaan ek ontslae raak van jou ewige galbraak
jy's g'n boere vrou
jou gekyf na die Kaap gaan my nog heel van my kop af maak
ek's verseker klaar met jou

Koor

toe start ek my trokkie en gryp jou aan jou rokkie
daar's g'n tyd vir goeters pak
jy't gese jy sit voor maar ek wil niks hoor
toe laai ek jou op die bak

koor (binneland uit)

Submitted by Guest