Gian Groen – Wag-'n-bietjiebos lyrics

jy sit daar in jou wentelbaan op soek na jou hede
skielik raak dit donker en jy voel vasgevang
jy soek onder die wag-'n-bietjiebos, jy soek in elke gang
maar die dorings van die wag-'n-bietjiebos val jou elke maal in die rede

Koor:
droom maar jou drome, want ek dink net aan jou
al kan stampe en stote 'n lewe vol gate grou ja
droom maar jou drome, want ek dink net aan jou
more is vol verrassings, miskien kan jy nog eendag daarvan hou

jy is moeg vir die gesukkel, die gesoek maak jou klaar
jy weet nie of jy kom of gaan, jou gedagtes lank reeds moeg
jy soek onder die wag-'n-bietjiebos, jy soek in elke gang
maar die dorings van die wag-'n-bietjiebos val elke maal in die rede

Koor

Brug:
hou nou maar op met jou, jou wag-'n-bietjie sal verdwyn
kyk net vorentoe, iewers sal daar nog 'n lug vir jou skyn

Koor

Submitted by Guest