Gian Groen – Mitchell's Plein lyrics

daar's onmin op 'n trein duskant Mitchells Plein
saans as die son in die see verdwyn
die machavelli boys gooi 'n 7 sein
vanaand lê nog 'n liggaam langs 'n ysterlyn

in Mannenberg se strate met die son se breek
het 7, 8 mans 'n lewe op geneuk
'n skoolkind word vermis, nog 'n ma lyk bleek
in die gutter lê 'n lyk van voor en agter gesteek

Koor:
en nogtans laat in die nag hoor jy die kinders lag
en die vure brand wat daar is niks meer krag
as Mabalel vanaand weer die brood kom breek,
vergeet ons vir 'n oomblik van bloed se reuk
for your African dream meneer,
sal ons hopefull sit en wag

In Kayalitsha groei die roet soos gras
'n familie van 5 sit in sak en as
al hulle besittings in 'n enkele tas
op die plek waar hul kaya nog eenmaal was

Koor

Daar's onmin op 'n trein duskant Mitchells Plein
saans as die son in die see verdwyn
ons verruil soms ons liefde vir hartseer en pyn
gatipie word vermoor oor 'n kannetjie wyn

Koor

Submitted by Guest