Koos Kombuis – Bomskok Babbelaas lyrics

Vanoggend sien ek weer grou oggendlug, wit son
Ek haal my T-Shirt van die draad op Kerkorrel se balkon
Sy broer se daggastompies le die hele wereld vol,
Ek weet nie waar is Dirk nie, nog iewers op ‘n jol.
Ek vat die pad skuins oor Kotze Straat se traffic,
Soek dringend na ‘n coffee bar met sagte laid back music
Bruce Springsteen specials speel tot vervelens toe op vyf
Oos van my Chelsea Hotel en herinnering van ‘n lyf

Koortjie:
Ek’s weer Bomskok Babbelaas, opgejack en uitgepass
Reisiger op tarmac met my tekkies en my rugsak
Try for white, try for black, in die rooi en in die kak
Ja Meneer, ja baas, hou jou geld en hou jou bek
La-la-la-la-la-la-la-la-la

Ja, die lewe is maar swaar vir ‘n alternatiewe Afrikaner
Die stad is nie my eie nie, dis ‘n nuwe tipe anger
Pedestrians in my pad, liefde wink in vreemde oe
Koffie bly nooit bottomless, vir 12 smaak whiskey so-so
Ek’s down en out in Datsun Straat, upper-class in Yeoville
‘n criminal in Marabastad, ook in Sandton as ek sou wil
Hier’s al weer niks skoon papier in Highpoint se kakhuis
Ek is nie van hier nie, die hele wereld is my package reis

Koortjie

Vanoggend sien ek weer grou oggendlug, wit son,
Ek haal my T-Shirt van die draad op Kerkorrel se balkon
Sy broer se daggastompies le die hele wereld vol
Ek weet nie waar is Dirk nie, nog iewers op ‘n jol
Ek raag so moeg van al die aande uit my woonstel uitgesluit
Wag tot 4 in Café Zurich vir Elfuur se sleazy date
It’s such a hype, I’m not the type. Moeg van junk food poetry
Die Here weet, ek ruik na sweet, net nog ‘n back street yuppie
Soggens koes ek vir die son, saans dodge ek die angels
Ek weet nie waar ek woon nie, ek volg die meisei met die bangles

Koortjie

Submitted by Guest