Akkedis – Happily Jobless lyrics

Dis half laat, ek moet opstaan, maar hoekom
Nog 'n sonskyn dag sonder pligte
Bly in die skemer van my kamer
Skuil teen die wereld se nukke
Steek my joint aan, blaai deur papiere
Soek betekenis vir die dag
Eet my brekfis sonder maniere
Lees laasweek se koerant en kan net lag

Chorus:
Want ons is happily jobless in Afrika
met 'n blinke toekoms sonder rigting
ek't 'n buise tandepasta en 'n swart kitaar,
lazy attitude en ek's fokkin maer
Leef van die middernag se ligte

Groet die spinnekop teen die muur
Die het gister 'n kleintjie vermoor
Herinner my aan onse kultuur
Ja, ons het ons roeke verloor
Maar worries, dis nie vir my nie
Ek neem my laaste trek en dis op
Hier's nie 'n horlosie met tyd nie
Ja, hier het alles gestop

Die skemer se smaail kruip nader
Nog 'n dag sonder doel, sonder lof
Die laat word al kwater en kwater
Kyk verlustig hoe die nagligte bot
Trap deur die strate vol hoere en skollies
Deur die reuke van riool
Dis als 'n lentemore briesie
Soos die soet tunes van daai fiool

Chorus

Submitted by Guest