Akkedis – Moan In Blues lyrics

tyd het sy tekkies aan
die wyser loop
een tik 'n sprong
nog 'n dag bly oor
'n tyd om te lag
skree gil as jy wil
eet of rook of slaap
of swaai daai pil

chorus:
maar dit tjaaf hom min
presies hoe ek voel
my kitaar bly in tune
maar in blues

die maan is die spil
die sterre spin
bote dobber
die stones kan nog sing
jokes laat jou huil
die dood skaterlag
die bosgeluid raak 'n kakofonie vol techno
verwurg die dag

voel daai kruispad is oorgesteek
laaste uitgang gemis
dis in my rear view morror
my broer
ek laat dit met rus
nou volg ek die one way
met 'n smile en 'n lag
al moet pyn bankrotskap
en kranksinnigheid
daar op my wag

chorus

Submitted by Guest