2 Catharinas – Groenmielieblare lyrics

Ek wil my arms om jou vou
Soos groenmielieblare
Ek weet jy het geen idée
Ek wil dit al doen vir baie jare

Maar jy het trou gesweer
Aan ‘n ander vrou
En ek moet tevrede wees
Dat ek net nog altyd wou

Koor

Ek sou jou wou soen
op jou mond
En op jou lyf
Jou binne my hê
Jou saggies hoor sê
Bly hier vanaand
Bly nog ‘n maand
Jy weet dat ek altyd nog wou

Een aand is nie genoeg nie
‘n Leeftyd veels te kort
vir my om vir jou te wys
my liefde bloei al vir jare

Herhaal koor

Herhaal 1

Submitted by Guest