2 Catharinas – Kitaar My Siel lyrics

Dis vroeg in die more na ‘n lang warm nag
Maar my lyf voel yskoud en stil en dood
Ek maak my lyf warm onder ‘n kombers van verlange
Die pyn vul elke kamer van my hart

Hoekom wil jy nou skielik weet
Is ek iewers heen oppad
Die kere wat ek jou sou vra
Om my siel te kitaar
Het jy net daar bly staan
Kamtig verbaas – kamtig verward

Ek wens jy was hier om my vas te hou
‘n Granaatrooi vuur wil my binneste verteer
‘n vuur wat borrel en brand deur my vleis
en skadu’s maak teen die muur

My tong is droog, dis ‘n langdurige dors
Want elke keer as ek jou sien
Draai gedagtes rond in my kop
En ek sê skink nog ‘n dop
Vir al die drogbeelde in my kop

Herhaal 1

Submitted by Guest