2 Catharinas – Wonder Jy Ook (Deel 2) lyrics

Ek mis jou soms as die son opkom
Ek mis jou soms as die son saans sak
Ek mis jou vroeg in die môre
Ek mis jou laat in die nag

Ek kan onthou hoe jou hare ruik
Hoe dit klink as jy oopbek lag
Hoe dit voel wanneer jy aan my vat
Jou koue lyf teen myne druk
My styf vashou as ons langpad ry
Vroeg in die more styf teen my lê

Herhaal Koor

Ek wonder soms wat doen jy vanaand
Ek word snags wakker en verlang na jou
Ek dink altyd aan ons tye saam
Wat ek sou doen as jy my vra vir die maan
Ek wonder gaan jy ooit terugkom na my
Ek wonder of jy na my ook verlang

Herhaal koor

Submitted by Guest