2 Catharinas – Melkbosstrand lyrics

Dit is laat Sondagmiddag in Melkbosstrand
Daar is ‘n vuur wat hemelhoog brand
Stemme wat raas en kinders wat lag
Dit is die einde van nog ‘n dag

Dan die alleen, die son het gesak
Die huis is koed en leeg en strak
My hande tas in die donker rond
Na die wyn wat die pyn
Sal laat smelt
In my bors

Melkbosstrand kon jy maar praat
Van almal se wel en weë
Sou die vure altyd hemelhoog brand
Almal ‘n kans weer gee

Ek wil jou so graag hier by my hê
Sodat ons weer so bymekaar kan lê
Na ‘n vuur staar wat hemelhoog brand
Hier aan die weskus by Melkbosstrand

Herhaal koor

Instrumente vers 3

Herhaal 3

Dit is die einde van nog ‘n dag

Submitted by Guest