2 Catharinas – Verlange lyrics

Die son het gesak – dis skemer buite
Verlange lê swaar in my lyf
‘n Boom se vingers krap aan die ruite
van ‘n leë en donker huis

Ons is al ‘n honderd jaar
Waansinnig life vir mekaar
Maar die seerkry van ‘n enkele keer
Hou ons vir altyd weg van mekaar

Die son kom op – dis helder lig buite
Verlange lê dik oor my lyf
Die boomtak se vingers
Het verkrom en verstyf
Jy is weg – dis ‘n eensame huis

Herhaal 2 en 3

Submitted by Guest