Gian Groen – Alles Sal Ok Wees lyrics

Iemand het die seile op die stormsee gespan
iemand het die oorlog van 'n duisend jaar beplan
stadig kom ons skippie oor 'n koue oseaan
vinnig val die blitse oor die donkermaan

koor:
moenie worry nie, alles sal ok wees
iemand het dit iewers in die sterre op gelees
moenie worry nie alles sal cool wees
die kommer tuimel en vrees gee die gees en
alles sal ok wees

erens hang daar geeste om 'n koper kandelaar
iewers is daar vrede waar die hart weer kan bedaar
stadig seil ons skippie al verder van gevaar
vinnig kom die tyding van ons beste jaar

koor 1

Koor 2: moenie worry nie , alles sal ok wees
ek het dit self in jou handpalm gelees
moenie worry nie, alles sal cool wees
die kommer tuimel en vrees gee die gees
en ons twee sal cool wees

Submitted by Guest