Gian Groen – Sekelmaan lyrics

somtyds kry ons almal die kans
om met die kinders van die nuwe tyd te dans
somtyds in die skemer, somtyds in trans
almal word vasgevang in die vloek van Afrikaans

jy's droomverlore met kindertyd spook
saam met koffie as jy 'n sigaret rook
en in jou binneste word waansin gestook
want om elke hoek en draai sit daar 'n party wat kook

Koor:
onder die sekelmaan van verlede tyd
ru-fonds en bad vibes saam met boer-beskuit
hoeveel suiker in jou koffie, en wat's jou naam
iemand het die lig gesteel van my sekelmaan

links regs, links, regs 2-dimensioneel
alles kan so cool wees as jy ken verbeel
kyk net hoe word jou ego gestreel
te veel van my, bokkie sal jou gou gou verveel

Koor (x2)

Submitted by Guest