Gian Groen – Winde Van Drome lyrics

vanoggend lê die mis weer op die water
en ek voel so gerus, want ek weet jy kom later na my
en al die ander mense staan my nie aan nie
want al die ander mense weet nie waaroor ons liefde gaan nie

koor:
en geduldig sit ek hier en wag
tot aan die einde van die dag
want saans as die wind deur die bome kom waai
drink ons Tassenberg tot die haan begin kraai
dis die liefde in jou oë wat jou hartstog verraai
en die winde van drome laat waai
wat die winde van drome laat waai

vanmiddag lê die bote op die dam
jy sê jy's lief vir my, my kniëe word lam
op elke droom klink ons 'n glasie
'n lewe van saam wees lê voor, daar's niks wat ons haas nie

Koor

Koor ( x 2)

Submitted by Guest