Gian Groen – Soos Klaas Geswind lyrics

kyk hoe wapper jou mantel in die somerreën
as die berge om jou kantel staan jy man-alleen
jy galop in die slow lane in die nag as queen aarde jou seen
en die halfmens staan verlate vir myle en myle aaneen

Koor:
jy volg die oggendster
jy bring woorde van ver
jy's die man wat die suide met die noorde moet verbind
met jou mantel in die wind laat jy 'n storie vir 'n kind
jy's dapper
stapper
soos Klaas Geswind

kyk hoe dobber jou oë in die skemer lig
jou hoewe is jou wortels en die dag jou vrug
jou spore brand diep waar jou voete die duister oorbrug
en agter jou rug hang jou valk op sy sterkste vlug

Koor

jou sterre het verduister in jou langste nag
en jou valk draai sy rug as die hienas lag
indie suide sal almal jou altyd nabetrag
in die noorde sal almal vir altyd op jou koms sit en wag

Koor

Submitted by Guest