Al'Astair – Ballarina lyrics

Hy's 'n langarm ballarina en hy kom van Albertina
en daar's hare op sy tande
en daar's piesangs, piesangs aan sy hande -
aan-sy-hande-aan-sy-hande-aan-sy-hande
piesangs... piesangs... aan sy hande
En hy dink sy kom van Virginia, en hy luister konsertina
en hulle gooi die sakkie meel en die musiek beginne speel

Langarm, langarm ballarina... ballarina
Langarm, langarm ballarina... ballarina-ballarina-ballarina

En hy dans nou op sy tone, en hy dans so fyn en fraai
en hy sleep haar soos 'n lappop totdat haar oë omdop
en hy gryp haar in 'n kopklem en hy gooi 'n-wille-draai
en hy laat sy kniekie knak totdat haar tande klap

Langarm, langarm ballarina... ballarina-ballarina-ballarina
Langarm, langarm ballarina... ballarina

En hy dans nou in die donker en hy dans so lekker stout
en hy dans nou skielik s-t-a-d-i-g,
binne inne binneboud...
diebinneboud-diebinneboud-diebinneboud
binne inne die binneboud

Hy's 'n langarm ballarina en hy kom van Albertina
en daar's hare op sy tande
en daar's piesangs, piesangs... aan sy hande
aan-sy-hande-aan-sy-hande-aan-sy-hande
piesangs, piesangs, aan sy hande...

Piesangs, piesangs, aan sy hande
aan-sy-hande-aan-sy-hande-aan-sy-hande,
piesangs, piesangs... aan sy hande!

Submitted by Guest