Al'Astair – Justice lyrics

Justice is miskien net 'n man se naam
want vir Justice moet almal dan Rome toe gaan
en die kaartjies is duur
Justice is miskien net 'n man se naam
want vir Justice moet almal dan Rome toe gaan
en die kaartjies is duur

Die manne in swart se dasse bly wit
elke oggend vroeg word die beurs geskud
as jy kan betaal sal die show vir jou start
maar as jy nie kan, sal ons weer moet praat

As Justice hier was, dan was Harry my pa
maar Harry stem nie saam, hy sê dis nie waar
en die kaartjies bly duur

Die manne in swart se dasse bly wit
elke oggend vroeg word die beurs geskud
as jy kan betaal sal die show vir jou start
maar as jy nie kan, sal ons weer moet praat

Justice word oorweeg in 'n donker steeg
bloed word gelaat, dis rooi in die straat
en Justice... was net 'n man... se naam

Justice word oorweeg in 'n donker steeg
bloed word gelaat, dis rooi in die straat
en Justice... is net 'n naam

Submitted by Guest