Al'Astair – Straatkind lyrics

Loopstraat is 'n wegloopstraat, dis 'n blinkstraat, dit is sy straat
maar die koue brand diep in sy murg

Groenpunt is 'n nuwe punt, dis 'n ryk punt dit is sy punt
maar die koue brand steeds in sy murg

Straatkind is almal-se-kind, hy is my kind hy is jou kind
maar die koue brand diep in sy murg

Papier wat brand is sy kaggelvuur, strand se kant, see se kant
maar die koue brand diep in sy murg

Straatkind is almal-se-kind, hy is my kind hy is jou kind
maar die koue brand diep in sy murg

Waar is jy, maar waar is ek, hou ons bek, die wêreld is gek
want die koue brand diep in ons oë

Waar is jy, maar waar is ek, hou ons bek, die wêreld is gek
maar die koue brand diep in ons oë
want die koue brand diep in ons oë
want die koue brand diep in ons oë ...

want die tyd... ja die tyd... vat ons freedom... weer weg...

Submitted by Guest