Al'Astair – My Hond Fanie lyrics

My hond Fanie is vaal, my hond Fanie is maer
maar my hond Fanie is 'n pragtige dier
ja sy blaf... dit duur... net 'n uur
Ou Fanie se bruin oë kan lag
ou Fanie se swart neus is sag
maar my ou Fanie is 'n lieflike dier
ja sy blaf... dit duur.. net 'n uur
maar buurvrou se mond trek toe suur
en die vet val toe vêr in die vuur
ja toe ons net na haar en haar poedeltjie loer
om saam saam te droom, van 'n bietjie plesier

Buurman gaan kla by die council
vir ons wou hy... afransel
maar ek en ou Fanie pleit op rede onskuldig
en ons kom toe op dreef, sê daars meer as een teef
hierna was buurman erg kwaad
met ons word daar glad nie gepraat
toe ons loer oor die muur word ons aangegluur
en dinge word toe al te rof

Toe ek by die huis kom lê ou Fanie stil
sy bruin oë sagter as ooit
ja my hond Fanie was 'n lieflike dier
maar sy blaf is nou stil uur na uur (koekies en tee in die kerksaal)
my ou Fanie is vaal... my hond Fanie is maer
maar my ou Fanie was 'n lieflike dier...
ja, sy blaf dit was net 'n uur
maar my ou Fanie is vaal, my hond Fanie was maer
maar my ou Fanie was 'n lieflike dier...
ja, sy blaf dit duur net 'n uur, ja, sy blaf dit duur net 'n uur,
ja, sy blaf dit duur net 'n uur

Submitted by Guest