Al'Astair – Boetie lyrics

My naam is Piet de Lange my voornaam was Sersant u Edele
op die bloupak was ek baie trots, met rooimond het ons gebots
maar by die huis maar by die huis was ek boetie... was ek boetie
Ek kom van Swellendam af, daar duskant Riversdal en Mosselbaai
my ma is alte lief vir my, my pa wou spog oor my sowaar
maar by die huis maar by die huis was ek boetie... was ek boetie

My land het stuk-stuk opgebreek die skuld op my gewreek
ek werk van sogens vroegdag af, ek werk tot sawens laat
en by die huis... en by die huis... is ek Boetie... is ek Boetie

My bloupet is vir altyd weg, 'n laphoed sit maar sleg - u Edele
more sal dit beter gaan, want vandag is reeds verby
en by die huis... en by die huis... is ek Boetie... is ek Boetie

Die waarheid het twee kante die leun het growwe rante
more sal dit beter gaan, want vandag is reeds verby
en by die huis... en by die huis... is ek Boetie... is ek Boetie

en by die huis... en by die huis... is ek Boetie

en by die huis... en by die huis... is ek Boetie... is ek Boetie

en by die huis... en by die huis... is ek Boetie by Beaufort-Wes
hier langes die pad (x6)

Submitted by Guest