Al'Astair – Die Meisie Van De Aar lyrics

Die spoorlyn op De Aar moet die vrede hier bewaar
want die mense van De Aar maak liefde met mekaar
ja dis waar... ja dis waar... daar's liefde
op De Aar... Aar... Aar
Op 'n plaas by De Aar het 'n landbankboer geboer
met blinkgewasde Dodge sy skapie vet gevoer
ja dis waar... ja dis waar... van die boer
op De Aar... Aar... Aar

Aan die oorkant van die spoor was 'n meisie mooi en maer
deur die duikweg droom die boer... in die swartnag deur na haar
ja dis waar... ja dis waar... van die meisie... op De Aar
ja dis waar... ja dis waar... van die meisie... mooi en maer

Ja die duikweg op De Aar vat die mense na-mekaar
en die bo dorp lê onder... en die onderdorp lê bo
ja dis waar... ja dis waar... van die droomweg
op De Aar... Aar... Aar

En die meisie... vra vir water... maar die stof waai net verby
is dit waar... is dit waar... van die drome op De Aar

Ja die meisie smag na liefde... maar die windpomp bly net kraak
is dit waar... is dit waar... van die windpomp van De Aar??

Ja die spoorlyn op De Aar hou geen mens hier uit-mekaar
want die mense van De Aar droom drome met mekaar
ja dis waar... ja dis waar... van die drome...
op De Aar... Aar... Aar

En die meisie... vra vir water... maar die stof waai net verby
is dit waar... is dit waar... van die drome op De Aar

Ja die meisie smag na liefde... maar die windpomp bly net kraak
is dit waar... is dit waar... van die windpomp van De Aar

Submitted by Guest