Al'Astair – Lipstick Club lyrics

By Beaufort-Wes in die vaal Karoo
is daar 'n Lipstick Club... daar langes die pad
ja 'n Lipstick Club, die Lipstick Club, by Beaaufort-Wes, hier langes die pad (x2)
En as ek daar ry dan vra ek vir my
wat hulle doen... en of hulle soen
of word daar gejive, en word daar gerave
en word daar gesing en gedans met 'n lyf
en word daar lawaai en 'n bietjie nja-nja
en word daar rinkink en 'n glasie geskink
by die Lipstick Club, die Lipstick Club, by Beaufort-Wes,
hier langes die pad (x2)

En as ek daar ry in die vale Karoo
dan dink ek aan haar... aan Brigitte Daarbo
haar lippe was mooi, 'n vaal-pinke rooi,
'n kleur hier gemeng, diep in die Karoo
ja haar lippe was mooi, 'n vaal-pienke rooi,
'n kleur hier gemeng, diep in die Karoo

En dan weet ek so goed, sy was hier gewees
by die Lipstick Club... hier langes die pad
dalk nie so mooi, dalk neergegooi
maar in haar hart Brigitte Daarbo
ja hier geskuil en hier gehuil en in haar hart Brigitte Daarbo
en hier gelag, en hier gesmag, laat in die nag, Brigitte Daarbo

by die Lipstick Club, die Lipstick Club, by Beaufort-Wes
hier langes die pad (x3)

by die Lipstick Club, die Lipstick Club, by Beaufort-Wes
hier langes die pad (x6)

Submitted by Guest