Al'Astair – Strate Van Die Kaap lyrics

Ek het een-keer in die laatnag in Kaapstad gery
en my ligte het skerp deur die nag-mis gesny
ek het gesien vir 'n oomblik, vir 'n oomblik het ek geweet
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad (x4)
Die trollie was hoog-vol koerante gepak
en die man het verbete teen die opdraand gestap
ek het geweet vir 'n oomblik, vir 'n oomblik het ek gedink
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad (x4)

Sy oë het diep uit die donker gekyk
en daar was iets in die trollie of sohet dit gelyk
ek het geweet vir 'n oomblik vir 'n oomblik het ek geweet
daar's 'n kind in 'n bondel ook saam op die pad
daar's 'n kind in 'n bondel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad (x4)

En voor ek my kon kry het ek verby hulle gery
maar in die spieël het die rooi lig hulle amper verhit
ek het gesien vir 'n oomblik vir 'n oomblik het ek geweet
in die spieël het die rooi lig hulle amper verhit
in die spieël het die rooi lig hulle amper verhit
in die yskoue winter in die donkere stad (x4)

Ek het geweet vir 'n oomblik vir 'n oomblik het ek geweet
ek sal die man en die kind nooit weerkan kry
in die yskoue winter in die donkere stad (x7)

Submitted by Guest