Al'Astair – Windgat Kapenaar lyrics

Is 'n dood gewone ou op 'n dorpie gewoon
my kleure was skoon en my kleure was heel
my hart was nog rein het gery met die trein
en my hond was kwaai maar sy stert het geswaai
maar toe... ja toe... word ek... 'n windgat... Kapenaar
En nou woon ek hier in Tamboerskloof
en ek kyk glad af na Plattekloof
my matte raak rooi en my matte raak duur
ek is nou 'n man van die kuns en kultuur
En nou... ja nou... is ek...'n windgat... Kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en in ons familie... is lanklaas gekielie
windgat... Kapenaar... hartseer... Kapenaar

Welgemoed is goed en sonder roet,
by Durbanvilleis dit lekker stil
is 'n man wat geld in my oë 'n held,
die prys opgeja in Constantia
en nou... ja nou... is ek... 'n windgat... Kapenaar

By Kelvin se groef het ek almal getroef,
en ek ruik aan my wyn en ek meng dit met skuim
my kinders praat Frans, en my hond is hans,
sy lyf is los smaak hy dans in Spaans
En nou... ja nou... is ek... 'n loslyf... Kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en in ons familie... is lanklaas gekielie
wingat... Kapenaar... loslyf... Kapenaar

Clifton is oraait maar ek kry nie 'n site,
by Bischopscourt is daar van my soort
my speedo is swart en my speedo raak hard,
my maag is gespier op die boere-manier
en nou... ja nou... is ek... 'n windgat... Kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en waar is dit warm, want hier is dit koud
en daar's iets wat my hinder... en daar's iets wat my knou
ek loop in die donker, en niks wil my flonker
windgat... windgat... hartseer...windgat...
kaalgat... windgat... windgat... geldgat... kaalgat
hartseer... hartseer... Kapenaar ..

Submitted by Guest