Al'Astair – Tommie lyrics

Toe die Hollander sterf was ons in die grond
want die man... was dan hoog... in die Broederbon
en die manne... van die bond... praat alles... toe nog reg
Demitri... het die trane op die mat laat vloei
maar in die Kaap het die Griek met 'n wurm bly stoei
en die manne... in tel... sê alles... is nog reg

Sirenes het geloei en die boere is verfoei
Saracens het gedreunen die mense het gekreun
maar die manne... van die pers... skryf alles... toe nog reg

En Pogo het die bloed in die strate laat vloei
en in die Paarl het die mense met pangas gestoei
maar die skole... wat leer... leer alles... is nog reg

Tommie het diep in Angola gesterf
en sy pa het daarna nooit weer ophou huil
maar die kerk... ja die kerk... preek alles... is nog reg

En toe ons weer kyk was sy pa... nie meer daar
en die manne in die bond het dit glad nie gewaar
maar ons... ja ons... sing alles... is nog reg

En in Adderleystraat het ons vir freedom gaan march
maar toe freedom kom het ons ophou raas

Submitted by Guest