Platanna – Armblankes lyrics

Daar is geen kos in hierdie huis
Die kakhuis deur is lankal gesluit
Die ouderling en dominee
het hul hande reeds in onskuld gevee

Chorus:
Ons is armblankes, leef vir nou en hier
'n Bottel drank ons een plesier
Ons sing, ons speel
van die oukraalliedjie wat ons nooit sal verveel

Die kar se enjin is in drie
Die voorstoep paadjie is vol ghries
Die meisie by Shoprite se till
lyk asof sy vir jou al gril

Chorus

Jou onderbroek is amper te styf
Daar's gout en pyne in jou lyf
Die agterdeur is afgeskop
en daar's vier-syfer getalle in jou kop

Chorus

Submitted by Guest