Platanna – Erfsonde lyrics

Daar was ‘n slang in die gras
reeds van die heel eerste dag
Eden was ‘n droom
wat geval het uit ‘n boom

Chorus:
Wie gaan die skuld dan dra
vir die dinge wat pla
Iemand sal die blaam moet kry,
want jy moet my bevry
van my verlede, in hierdie hede

Daar was ‘n vlieg in die salf
en jou beker was half
En jy moes leer om te veg,
krummels gooi langs jou weg

Chorus

Praat:
As ‘n adder jou beswadder
en sy skinder krap en hinder
moet jy net ‘n snoek gaan vloek,
dan krap die hinder minder*

So word jy gestraf
tot in die derde geslag
En evolusie
bly die kondisie in die stryd

Chorus

Submitted by Guest