Platanna – Boerewals lyrics

In die wapad hang ‘n sekelmaan
En die os stap gedweë maar aan
Daar’s pap in die pot
Om die kers is ‘n mot
en die boere bekla hulle lot

Chorus:
Vaders ontrou, Moeders in rou
Niggies en Nefies verbrou
Die leer word gebrei, maar die swaar gaan nie verby
en die skape staan en blêr in ‘n ry

Waar die son sak in die Noorde
En die hele gesin dink aan moorde
Waar die jeug vrot in denke en genot
Is daar rus in die bloeisels se bot

Chorus

Submitted by Guest