Platanna – Gooi Jou Klippe lyrics

Die tokkelosh kom jou haal
in die middel van die nag
Daar's miere in die suiker
jy word ouer by die dag

Jou sus verwag 'n baby
teen die einde van die jaar
Jou sinus wil nie opdroog
en jou knieë is klaar

Chorus:
Gooi jou klippe in die bosse
volg die kruipendes se spoor
Gooi jou pêrels voor die sweine
jy't fôkol te verloor
Gooi jou klippe in die water
watch die ripples branders maak
Gooi jou caution in die wind
dalk sal iemand oor jou waak

Die staat is nie jou pêl
jy's oppie highway na die hel
Die spoke bly jou jaag
en jou petrol tenk is laag

maar jy sing soos jy ry
by die rook en stink verby
Daar's 'n ster in die lug
oor die rivier bou jy jou brug

Chorus (x2)

Submitted by Guest