Platanna – De Profundis (Song Vir Oscar Wilde) lyrics

Die oggend stond het goud in die mond
‘n nuwe dag staan voor my deur
Jy wat lelike bedoelings in mooi goed sien
is korup sonder verweer
Ek struikel en ek stotter
al is die pad wyd oop
Jy wat mooi denke in skewe aksies vind
vir jou is daar nog hoop

Chorus:
Ek wil niks bewys, wil jou van niks oortuig
nie eens al is dit waar
My lyf is seer, maar my kop is oop
want nooit is iets tog klaar

Mens haat omdat jy nie verstaan
goed en sleg is in jou kop se weg
Die spieël is net dit wat jy sien
en nie wat jy verdien
Ons vergewe jou vir die praktiese
solank jy dit nie bewonder
Soek jy prag en praal is jy klaar verdwaal
kom liewer klaar daarsonder

Chorus:
Geen kunstenaar is simpatiek met jou
want dit sal sy styl verbrou
Stories word reg vertel en verkeerd vertel
en dit is tog maar al
Ek wil niks bewys, wil jou van niks oortuig
nie eens al is dit waar
My lyf is seer, maar my kop is oop
want nooit is iets tog klaar

Submitted by Guest