Platanna – Burokrasie lyrics

Die ander dag bel ek my bank
om geld by hul te leen
Hul sê vul net ses vorms in
ons bel jou oor ‘n week

‘n Maand daarna wag ek nog steeds
om iets van hul te hoor
My skuld loop op, my naels is stomp
ek gaan my kar verloor

Chorus:
Burokrasie, Burokrasie
ek gaan my kar verloor

Nou het ek net ‘n uur vir lunch
ses rekeninge te betaal
Die ry is lank, my tyd is min
die klerk is op die paal

Toe ek voor kom, sê sy sy’s toe
ek dog ja, jy dit raak
Maar moenie vyf oor twee die dag
jou probleme myne maak

Chorus:
Burokrasie, moenie vyf oor twee
jou probleme myne maak

Ek het my password weer verloor
en bel my ISP
Die tolvry nommer is beset
Support waai kwart oor drie

Jou oproep is vir ons belangrik
hou net nog twee uur
Dan praat jy met ons voice message
nou raak ek fokkin suur

Chorus:
Burokrasie, Burokrasie
nou raak ek fokkin suur

Bridge:
Ek is arm en ek kruip nie gat
My verf dop af en ek het nie status nie

Chorus:
Burokrasie, Burokrasie
ek het nie status nie

Submitted by Guest