Brixton Moord En Roof Orkes, Die – As Die Juppies Jodel lyrics

Jou program vir elke dag
is uitgewerk vir gemak
en jy trap jou spore diep
idees vir verbruik verpak
jou oë kyk na vore
beplan die dag van môre

Refrein:
Jy eet drie borde
ambisie vir brekfis

Daar’s ray-bans voor jou oë
aktetas in jou hand
kantoor hoog in 'n toring
bankbestuurder aan jou kant
jou kar is blink, baie flink
'n CV vol sukses wat wink

Refrein

Ek sien jou in 'n straatkafee
nuutste kliënt wat jou verveel
maar jy praat en jy scheme, neem maar deel
want daar dollars, ponde, nooit te veel
vir 'n man soos jy wat in Melville bly
wat nooit genoeg van alles kry

Refrein

En jy spoel dit af met 'n glas gewete

Submitted by Guest