Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Die Ritme Van Chaos lyrics

Voor my is 'n teerpad
onder my voete gly die wit strepe stadig verby
Ek balanseer my, balanseer my
op die middel, die middel van my weg

'n Padbordjie sê daar's 'n afdraai voor: die afdraaipad na Afrika
maar dis 'n stofpad, 'n grondpad,
'n pad met baie klippe
'n kronkelpad, 'n harde pad,
'n pad met baie stampe
en die tromme hou die ritme
die tromme hou die ritme... van chaos

Refrein:
En die vroue vra:
is Afrika se nagte dan soveel donkerder
as dié van ander kontinente?
skyn Afrika se son dan soveel skerper
as dié van ander kontinente?

Alpha en Beta Centauri:
vlammende inferno en die Suiderkruis
gekruisig in die naglug
ek balanseer my, balanseer my
op die middel van my weg

'n Padbordjie sê die afdraai is naby:
die afdraaipad na Afrika
maar dis 'n stofpad, 'n grondpad,
'n pad met baie klippe
'n kronkelpad, 'n harde pad,
'n pad met baie stampe
en die tromme hou die ritme, die tromme hou die ritme van chaos

Refrein

En die afdraai is 'n hartklop
maar die ritme laat my vrees
die afdraai is 'n wete
iets onstuimig in my gees

En my hartklop hou die ritme, my hartklop hou die ritme van chaos
my hartklop probeer maar om die ritme te hou, ritme te hou van chaos

Submitted by Guest