Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Die Geraamtes In Jou Kas lyrics

'n Hand kom deur jou venster
en jou gloeilamp is 'n oog wat loer,
jou plafon bult in van bo af
en naels krap van onder jou vloer...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Die klere vroetel rond in jou trommel
en jou stewels dans in die kas
jou rugsak het begin oopgaan
en grynslag saam met jou jas...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Jy onthou die stof
van 'n township se strate
en die haat in die oë
aan die end van jou geweer...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel (x2),

Jy onthou die vure
en die wiele van 'n Casspir
en die reuk van brandende rubber
deur die neus van jou gasmasker...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel (x2),
So, trek jou hoed oor jou oë
vir Sharpeville en vir Ventersdorp
en swaai aan jou droom
sodat jou skoene nooit nat word
van die modder op die grond
hier en daar gemeng met bloed...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas sal aanhou kriewel,
die geraamtes in jou kas sal ewig kriewel

Submitted by Guest